![]() | ||
2015 Pendoring-beoordelaarspaneel bekend gemaakDie beoordelaars van vanjaar se Pendoring-reklametoekennings is pas bekend gemaak en dit sluit soos altyd 'n uitgelese span kundiges in van die voorste en mees bekroonde agentskappe in Suid-Afrika. Daar is weer twee beoordelaarspanele saamgestel, een om al die Afrikaanse inskrywings te beoordeel en 'n paneel vir die inskrywings in die ander nege inheemse tale. Inskrywings kan in enige van Suid-Afrika se amptelike tale wees behalwe Engels. Die beoordelaars vir die Afrikaanse afdeling is:Konstant van Huyssteen, skeppende hoof, FCB, Kaapstad Die beoordelaars vir die eg Suid-Afrikaanse afdeling (Engels en Afrikaans uitgesluit) is:Neo Mashigo, uitvoerende skeppende hoof, Ogilvy, Johannesburg "As ek na werk kyk, soek ek altyd vir goeie insig en hoe goed dit in die uitvoering daarvan na vore kom. Dis ook belangrik dat dit my vermaak. 'n Goeie aanduiding is gewoonlik as ek wens ek het dit self gedoen," sê Nico Botha, een van die beoordelaars van die Afrikaanse inskrywings en senior kopieskrywer van die agentskap TBWA/Hunt/Lascaris in Johannesburg Wanneer sy die Afrikaanse inskrywings gaan help beoordeel, sal dit vir haar belangrik wees om die vraag te vra of ? stuk werk vir enige ander taalgroep so goed sou werk as vir die Afrikaanse mark. "Dit beteken egter nie dit moet 'n blote woordspeling wees nie - dis kortpadkulkuns. Dit moet Afrikaans wees in hart en siel," sê Annette Nel, uitvoerende skeppende hoof by Baie-lingual Concepts. Liana Liebenberg, senior kunshoof by FCB, Johannesburg, stem saam. "Die werk moet konseptueel sterk wees en nie net staat maak op slim woordspeling nie. Dit moet gerugsteun word deur? eg Afrikaanse idee en nie net 'n vertaling uit Engels wees nie." Marius van Rensburg, uitvoerende skeppende hoof van Ninety9cents Communications gaan op die uitkyk wees vir oortuigende, oorspronklike idees. Vanjaar se beoordeling vind van 10 tot 12 September by Mediapark in Aucklandpark plaas. Die pryse vir die beste skeppende werk sluit die volgende in:
Inskrywings word aanlyn gedoen by www.pendoring.co.za en die sluitingsdatum is 31 Julie 2015. Sluit aan by die Pendoring Facebook-groep of volg @Pendoring_ op Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring.
| ||